Bonaventura Cavalieri

Bonaventura Francesco Cavalieri
Gebore 1598
Milaan, Hertogdom van Milaan
Oorlede 30 November 1647
Bologna, Kerklike Staat
Blyplek Bologna
Vakgebied Wiskunde, Sterrekunde
Instelling(s) Universiteit van Bologna
Alma mater Universiteit van Pisa
Bekend vir Onverdeelbare metode

Bonaventura Francesco Cavalieri (Latyns, Cavalerius) (1598 - 30 November 1647) was 'n Italiaanse wiskundige wat bekendheid verwerf het vir Cavalieri se beginsel wat stel dat die volume van twee voorwerpe gelyk is as die oppervlak van hulle ooreenstemmende deursneë in alle gevalle gelyk is. Twee deursneë stem ooreen as hulle interseksies is van die liggaam met die vlakke ewe ver van 'n gekose vlak. Die beginsel is oorspronklik deur die 3de eeuse Sjinese wiskundige Liu Hui opgeteken in sy kommentaar op Die Nege Hoofstukke oor die Wiskundige Kuns.[1] Cavalieri het 'n "metode van die ondeelbares" gehad, wat hy gebruik het om oppervlaktes en volumes te bepaal. Dit was 'n beduidende stap op die pad na moderne infinitesimale analise. [2]

  1. Needham, Volume 3, 143.
  2. Encyclopaedia of Mathematics, Infinitesimal calculus, Besoek op 23 Februarie 2008

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy